Wetgewing
In Suid-Afrika is daar 2 Veiligheids wetgewings. Die een is die “Mine Health and Safety Act” wat op almal van toepassing is wat op myne werk. Die ander een is die “Occupational Health and Safety Act (OHS)” wat op alle werksplek wat nie op myne is nie, van toepassing is – dus sluit dit kantore, fabrieke, plase, skole, kerke, winkels ens in. By OVK werk ons dus volgend die OHS wet. In afrikaans word dit die WET OP BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID (85 van 1993) genoem en dit het in werking getree op 1 Januarie 1994.
Die doel van die Wet is om voorsiening te maak vir die gesondheid en veiligheid van persone by die werk of in verband met die gebruik van installasies en masjinerie. Dit maak verder voorsiening vir die beskerming van persone anders as persone by die werk teen gevare wat voortspruit uit of in verband met die aktiwiteite van persone by die werk.
Dus moet die werkplek veilig wees vir werknemers sowel as kliente, diensverskaffers, en selfs hulle bure en die omgewing waarin hulle werksplek gelee is.
Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid 85 van 1993 bestaan uit 50 Artikels en 21 Regulasies.
Artikel 7 – 20 gee riglyne rakende die pligte en verantwoordelikhede van die werkgewer, werknemers, veiligheidsverteenwoordigers en veiligheidskomitee.
Artikel 24 – 48 beskryf die werking van die Wet, insluitend die rapportering en ondersoek van voorvalle deur die inspekteur.
Die Regulasies is in vier dele verdeel: Algemeen, Gesondheid, Meganies en Elektries.
Dit is goed om die plakate aan te bring in die werksplek waarop die wetgewing is, maar dit is beter om die wetboekie te he aangesien die wetboekie die wet sowel as die regulasies inhet en dit dus meer volledig is. Die wetboekie moet beskikbaar wees vir alle werknemers om in te lees.
Wanneer ons in die kursus praat oor ‘n artikel (section in engels) dan verwys ons na die wet gedeelte na daardie spesifieke nommer. Ons gaan bv praat oor artikel 16.2 en artikel 17.
Artikel 16.2 is die takbestuurder en artikel 17 is die Gesondsheid en Veiligheids verteenwoordiger (GVV).
